Grootplaas

Grootplaas word op weeksdae om 05:30 op kykNET kanaal 144 uitgesaai. Grootplaas is ‘n projek deur Plaas Media en die produksiespan van Die Groot Ontbyt. Volgens die mees onlangse DSTV-statistieke is Grootplaas tans die mees gewilde program op DSTV in die 5:30 tot 5:49-tydgleuf.  Volgens dieselfde statistiek bestaan die gehoor 51% uit vroue en 69% uit persone bo die ouderdom van 35.  Altesaam  87% van die gehoor is lede van  die LSM 8-10 groep. Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op Twitter met @grootplaas en #GROOTplaas. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za