Die 10de Wêreld Merinokongres is pas in Montevideo, Uruguay, afgehandel. Pierre Vlok van BKB het die kongres bygewoon en deel graag terugvoer van die ervaring.

Volgens Vlok was daar sowat 450 afgevaardigdes van Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Lesotho, Rusland, Hongarye, Engeland, Spanje, Uruguay en Argentinië by dié vierjaarlikse byeenkoms. Buiten die gewone kongresaktiwiteite is ’n wolwassery, skou en vagskou bygewoon en is vier groot plase besoek.

Tydens die besoek het Vlok in sy hoedanigheid as omroeper by Radio Overberg, in opnames met sy luisteraars in Suid-Afrika gesels.

Luister hier na sy verskeie insette:

Oor interessante afgevaardigdes by die kongres:

Oor die kongres se opening en Suid-Afrika se teenwoordigheid:

Oor tegniese aanbiedings op die kongres:

Besoeke aan plaaslike boerderye:

’n Terugblik op die kongres:

Hy deel ook die volgende foto’s: