Die eerste streeksrondte in die 2017 Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is op 3 Maart 2017 tydens Ermelo-skou gehou. Die 2017-kompetisie sal in die vorm van tien streekrondtes wat regoor die land aangebied word. Hou www.agriorbit.com dop vir meer inligting oor dié geleenthede. Die wenner in dié rondte kwalifiseer outomaties vir die nasionale rondte wat tydens Alfa 2017 in September gehou sal word.

Frik Verster van BKB van Wyk het as beoordelaar tydens dié streeksrondte opgetree. Volgens Verster is daar by elk van die deelnemers, van wie twee vir die eerste keer op die rostrum gestaan het, groot potensiaal vir sukses in die afslaersberoep. Arnold Durr het as wenner uit die stryd getree en kwalifiseer dus vir die nasionale rondte. Billy Lyons was tweede met Stefan Grobelaar in die derdeplek.

Verdere byeenkomste:

April Lichtenburg-skou
April Bloemskou
Mei Royal-skou
Junie Marlow Landbouskool-boeredag
Junie Boland Landbouskool
Augustus Upington-skou
Augustus Jacaranda-skou

 

Meer inligting volg later. Kontak Tiaan Herbst by epos tiaan@veeplaas.co.za of sel 060 370 1429 met navrae. Klik hier vir meer oor die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie.

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here