Die heel eerste Hinterland Nasionale Vleisbeesinterraskampioenskap is in 2017 suksesvol tydens ALFA aangebied. Dit is die hoogtepunt van ALFA se interrasfokus. Die interrasfokus is die belangrikste wyse waarop ALFA ondersteunend tot bestaande streekskoue funksioneer. Interraswenners van die grootste streekskoue kwalifiseer om by ALFA in die nasionale kampioenskappe teen mekaar mee te ding.

Die 2017-kompetisie het pragwenners op die podium geplaas. Die 2017 Hinterland nasionale interraskampioenkoei was die 2017 Vryburg-skou se streekskampioen, Roechama Suré RMC 130018. Sy is ’n rooi Angus-koei van RC Malherbe en André Markgraaff. Die Hinterland nasionale interraskampioenbul het ook van die Vryburg-skou gekom en was die Braunvieh-bul, Witbek Salute HB 15-0011, van Hans Bester.

Interraswenners by streekskoue regoor die land het deur die loop van 2018 hulle uitnodigings om aan die nasionale kampioenskap by ALFA 2018 deel te neem, ontvang. Die finaliste in die 2018 Hinterland Nasionale Vleisbeesinterraskampioenskap is:

 

Bulle:

Skou Teler Ras Dier Stoet
Vryburg Raymund de Villiers Santa Gertrudis ACE BR 14-16 Santa Rey
Lichtenburg Nico Venter Simmentaler Napuri NV 16-14 Von Adel
Bloemfontein Nollie Stofberg Sussex Kimberly JRE 13-156 Platdrif
Standerton Hans Bester Braunvieh Witbek Salute HB 15- 0011 Witbek
Royal Skou Linde du Plessis Brahman HOT 15-487 Brandwater
Ellisras Hans Terblanche Brahman Echo ELT 16-73 De Blanque
Thabazimbi Willie Jacobs Brahman Magic AJS 17-675  Jacobs
Tzaneen John Devonport Limousin Devlan Influence DL 13-120 Devlan
Warmbad John Devonport Limousin Devlan Hearsay DL 12-66 Devlan
George Grant Puttergill Hereford Racer PNP14-066 Puttergill
Moorreesburg Phillip de Waal Simmentaler Henro WDW 14-76. Locheim
Ermelo Cois en Neil de Jager Limousin Phumba Dollar TON 16 -10 Sarnia
Wildcard RC Malherbe Angus Elegance RCM 15-19  Roechama

 

Koeie:

Skou Teler Ras Dier Stoet
Vryburg, Thabazimbi, Warmbad en Bloemfontein John Devonport Limousin Devlan Highlander DL 12-125 Devlan
Lichtenburg en Royal Skou Pieter Oelofse Simmentaler Dipsie PJO 12-65 Taaibosspruit
Ellisras Willie Jacobs Brahman Saartjie GPCK 16-717  Jacobs
Tzaneen John Devonport Limousin Devlan Gabriella DL 11-4 Devlan
Standerton John Devonport Limousin Devlan Effervescent DK 0935 Devlan
Wildcard Gawie Naude  Braunvieh Mani’s Sally N 16-0002 Eduan

ALFA 2018 vind van 18 tot 20 September by die Afridome-skougronde in Parys plaas. Klik hier vir die volledige program. Klik hier om kaartjies te koop. – Persverklaring