Die 2019 Onderstepoort Voerkraaluitdaging het pas afgeskop. Vanjaar gaan sewe spanne, onder leiding van verskeie mentors, ‘n groep diere in ‘n gesimuleerde voerkraal voer vir 105 dae. Die finalejaar veeartsenykundige studente moet die totale voedings-, dieregesondheids, en finansiële bestuur van die projek behartig. Marike Brits het by die afskopgeleentheid met Prof Dietmar Holm, adjunkdekaan van die fakulteit, gesels. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here