Trekkerverkope van 432 eenhede in Desember is aansienlik (24%) meer as die 349 wat verlede Desember verkoop is. Vir die volle kalenderjaar is trekkerverkope byna 9% meer as in die 2019-kalenderjaar.

Read it in English

In Desember is drie stropers verkoop, dieselfde as die vorige Desember. Vir die hele kalenderjaar is stroperverkope 25% meer as vir die vorige jaar.

Marksentiment bly positief. Goeie oeste oor die algemeen, goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste gebiede dra daartoe by.

Onderliggende ekonomiese faktore, wat uitgelig is in die Agribusiness Confidence Index (Landbou-ondernemingsvertroue-indeks), dra ook tot die positiewe sentiment in die mark by.

Aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar is ook bemoedigend en daar word geraam dat verkope waarskynlik tot 10% meer sal wees as in 2020. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie