Die 817 trekkers wat in Oktober verkoop is, is aansienlik (14%) meer as die 717 wat in Oktober 2017 verkoop is.

Read it in English. 

Vir die jaar tot dusver (die eerste tien maande van die jaar) is verkope byna 8% hoër as in die ooreenstemmende tydperk in 2017. Die 29 stropers wat in Oktober verkoop is, is nege meer as die 20 van verlede Oktober. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope 2% hoër as in die ooreenstemmende tydperk in 2017.

Die jongste skattings van die Oesskattingskomitee dui daarop dat waarskynlik heelwat meer van die belangrikste twee gewasse, mielies en sojabone, geplant gaan word as verlede jaar. Na raming sal 8% witmielies, 2% geelmielies en 8% sojabone meer geplant word.

Die lewendige mark vir toerusting word versterk deur boere wat van die geleentheid gebruik maak om toerusting teen laer pryse te koop, voor verwagte moontlike prysverhogings. Insetkoste en finansiële beperkings is egter oorwegings wat boere in gedagte moet hou wanneer hulle vir die komende seisoen beplan.

Ramings vir die bedryf vir die 2018-kalenderjaar bly teen ’n vlak van tussen 6 750 en 7 000 eenhede, of tussen 5 en 10% meer as in 2017. – Trekkerverkope