Trekkerverkope van 648 eenhede in Februarie is aansienlik (28%) meer as die 505 eenhede wat in Februarie verlede jaar verkoop is. Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is ook 28% meer as verlede jaar se verkope. In Februarie is 14 stropers verkoop, vier minder as die 18 eenhede wat verlede Februarie verkoop is.

Read it in English

Sentiment in die mark bly baie postief. Goeie algemene oeste, goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste gebiede dra daartoe by. Daar is steeds heelwat veranderlikes wat somergewasse kan beïnvloed en daarom is daar ook ʼn mate van omsigtigheid in die bedryf.

Vooruitsigte bly nietemin goed oor die kort- tot mediumtermyn. Aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar is baie bemoedigend, met verkope wat waarskynlik tot 15% hoër as in 2020 kan wees. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie