Maandag, 13 Augustus

Antoinette Pienaar gesels eerskomende Maandag in RSG Landbou, oor die natuurlike beheer van veldkruie in die Karoo. Lise Roberts bring ons op hoogte van die jongste veilingsnuus. Daar is ook ’n gesprek met Agri Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar, Riaan Strydom. Dan Kriek gee terugvoer oor die onlangse Agri Oos-Kaap-kongres en ons hoor meer oor dié jaar se interras-slaglamkompetisie by ALFA.

Dinsdag, 14 Augustus

Dinsdag is Antoinette Pienaar weer aan die woord en dié keer gesels sy oor tuinkruie van die Karoo. Dr Johan van Rooyen vertel meer oor ‘n nuwe veeartsenykundige fakulteit by Fort Hare Universiteit. Johann Kotzé van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, gee ’n voorsmakie van hul komende konferensie en Marinda van der Merwe van Vleissentraal vertel wat ons kan verwag van vanjaar se versprestasiekampioenskap by ALFA.

Woensdag, 15 Augustus

In Woensdag se program verduidelik Rona Beukes van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) hoe data ingesamel word om oesskattingsysfers te bepaal. Leon Coetzee vertel meer oor landbou-ontwikkeling en die opheffing van nuwe boere in die Oos-Kaap. Corine Steyn gesels oor die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se betrokkenheid by ALFA, waarna Albert Bossert verduidelik hoe ’n mens te werk gaan om staproetes op plase te registreer.

Donderdag, 16 Augustus

In 16 Augustus se aflewering van RSG Landbou is dit weer tyd vir Chris Derksen met die weeklikse vleispryse. Adv Ernst Richter van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik wat billike indiensneming behels. Sytze Smit en De Waal Nigrini van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika gesels oor wat by die Afrika Brahman-kongres gaan gebeur en Johan Potgieter van Opti Feeds vertel oor ‘n veewerkswinkel vir opkomende boere wat vanjaar tydens ALFA aangebied gaan word.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here