Is verbruikers ten volle bewus van die voedingswaarde wat daar in aartappels verskuil is? Dit is wat Chanelle Retief van NutriFundi en Elsa Esterhuizen onlangs oor gesels het op Grootplaas. Aartappels is veral hoog in minerale soos kalium en vitamines A, B, en C. Aartappels is ook hoog in vesel, veral as die skil aan gehou word. Probeer gerus dié gesonde aartappelresep wat Chantelle met ons gedeel het.

Griekse aartappelskywe

Bestanddele

3 groot aartappels

¼ koppie olyfolie

2t knoffelpoeier

1t gedroogde oregano

Knippie sout

Swart peper

½ koppie Griekse joghurt

Sap van ½ suurlemoen

2t vars pietersielie

½ koppie laevet fetakaas (gekrummel)

¼ koppie vars dille

½ koppie gehalveerde olywe

½ koppie komkommer

½ koppie klein tamaties

Metode
  1. Voorverhit die oond tot op 180°C.
  2. Sny die aartappels op in skywe en plaas op ‘n bakplaat.
  3. Gooi die olyfolie oor die aartappels en sprinkel die knoffelpoeier en oregano oor. Voeg die sout en peper by. Meng die aartappels totdat alles mooi bedek is.
  4. Rangskik die aartappels op die bakplaat sodat dit ‘n enkellaag vorm.
  5. Bak in die oond, totdat die aartappels bruin en kraakbros is (om en by 40 minute).
  6. Terwyl die aartappels in die oond is kan jy die doopsous maak: Meng die jogurt, suurlemoensap en 1T pietersielie saam.
  7. Sit die feta, tamaties, dille, 1T pietersielie, olywe en komkommer bo-op die gebakte aartappels.
  8. Bedien met die doopsous. – Chantelle Retief, NutriFundi