Aartappelverkope op die nasionale varsproduktemarkte het van Januarie tot Desember 2017 met 19% gestyg in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in 2016. Dit is sowat 18,6 miljoen sakkies (10kg) meer. Markpryse was egter 26% laer vir die tydperk. Vir die 2017-oesjaar is sowat 1 000ha minder geplant as 2016 se meer as 52 000ha.

Read it in English. 

In vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in 2015, die grootste oes tot dusver, is van Januarie tot Desember 2017 sowat 1,3 miljoen sakkies meer (1,1%) op die nasionale varsproduktemarkte verkoop. Markpryse was egter 21% hoër as die ooreenstemmende tydperk in 2015.

Van Januarie tot begin Maart vanjaar is 7% meer verkoop op markte as in dieselfde tyd verlede jaar, maar teen 6% laer pryse. Kliek hier vir meer markinligting van die plaaslike aartappelbedryf. – Markverslag