Met Afrika-perdesiekte wat jaarliks soveel perde affekteer, was daar al in die verlede bespiegelings in die bedryf oor of inentings teen dié siekte werklik doeltreffend is. Prof Alan Guthrie van die Perdenavorsingsentrum by Onderstepoort, meen egter statistiek wys dat die sterftesyfer weens perdesiekte sedert die implementering van ‘n entingsprogram drasties afgeneem het. Hy gesels in 8 Mei 2019 se aflewering van Grootplaas met ons oor hierdie inentings. Daarna kyk ons weer na ‘n vorige gesprek met dr Melissa Whitecross van BirdLife South Africa oor die sekretarisvoël.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: BASF

Kalenderborg: SWAVET

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas