In Woensdag se aflewering van RSG Landbou hoor ons van Hoërskool Bekker se Veeplaas-kuddeprojek. Die projek is onderneem in samewerking met die PLAAS Landboujeugstigting en die Afrikanerbeestelersgenootskap. Die president van die genootskap, dr Pieter de Kock, verduidelik waarom hulle by die projek betrokke geraak het en Jannie Badenhorst van die hoërskool vertel hoe die leerders met die diere te werk gaan.

Daar is ook ‘n gesprek met Simeon Hurwitz oor die Boran-beesras, die ras se herkoms en die voordele wat dit vir die rooivleisbedryf bied. Vind ook meer uit oor Pioneer se interessante Weeg en Wen kompetisie. Ons sluit die program af met ‘n opwindende veiling. Gavin Bristow brei uit oor die Bristow-Bonsmara veiling wat op 20 Junie by die Bandelierskop-veilingskrale in Limpopo plaasvind.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.