Nadat die Agbiz/IDC Landboubesigheidsvertroue-indeks in die derde kwartaal van 2018 van 54 punte na 48 punte gedaal het, het dit in die vierde kwartaal tot ’n verdere laagtepunt van 42 punte gedaal. Dit is die laagste vlak sedert die vierde kwartaal van 2009.

Die vlak van die indeks, wat nou vir die tweede kwartaal in ’n ry laer as die neutrale merk van 50 punte is, gee ’n aanduiding dat landboubesighede ’n negatiewe sentiment het oor besigheidsomstandighede in Suid-Afrika. Die opname is in November uitgevoer en het bestaan uit alle landboubesighede wat in die Suid-Afrikaanse landbousektor besigheid doen.

Figuur 1: Agbiz/IDC Landboubesigheidsvertroue-indeks.

Bron: Agbiz Navorsing, Suid-Afrikaanse Weerdiens. (Die donker areas dui tydperke aan waar reënval regoor Suid-Afrika onder die gemiddelde vlak van 500mm was.)

Klik hier om meer te lees oor die vlakke van die subkategorieë van die indeks.

Die droër weersomstandighede wat deur respondente as ’n kernuitdaging aangedui is, kan binnekort verander omdat die Suid-Afrikaanse weerdiens op 20 November 2018 aangedui het dat daar ’n goeie kans op bogemiddelde reënval in die somergewasgebiede tussen Desember 2018 en Februarie 2019 is.

“Ons twyfel egter steeds of daar ’n betekenisvolle verbetering in besigheidsvertroue oor die kort termyn sal wees as daar nie duidelikheid kom rondom die grondhervormingsbeleid in Suid-Afrika nie. Enige roekelose skuiwe in dié beleid wat eiendomsregte ondermyn, kan beleggings en langtermyn-groei in hierdie sektor kortwiek,” sê Wandile Sihlobo, hoof van landboubesigheidsnavorsing by Agbiz. – Persverklaring

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here