Kampering op plase, of agri-kampering, is vinnig besig om vlam te vat in die bedryf en kan ‘n ekstra ietsie in die sak vir boere met die regte fasiliteite beteken. Prof. Neels van Heerden van die Tshwane Universiteit van Tegnologie gesels op Grootplaas van 8 Februarie 2019 met ons oor hoe dit werk, en hoe dit finansieël vir kampeerders én boere die moeite werd kan wees. Daarna kuier Dr. Dirk Strydom van Graan SA by ons in die ateljee, om oor ‘n droogte-vergelyking tussen ‘n boerdery-omgewing en ‘n besigheidsomgewing te gesels.

Markteborg: Hinterland

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas