Dit met groot afwagting dat Agri SA ’n beroep op die regering en die privaatsektor doen om by te dra tot die R1-miljard voedselinisiatief, in ’n gesamentlike poging om gemeenskappe in Suid-Afrika wat voedselonsekerheid ervaar te voed.

Read it in English

Te midde van hierdie winter, het COVID-19 sy greep versterk en menige huishoudings honger en moedeloos gelaat, terwyl die behoefte aan hulp om te oorleef nog nooit groter was nie.

Die pandemie tref ons op ’n tydstip wanneer ons land reeds geweldige uitdagings ervaar en waar voedselsekerheid en ander stelsels reeds onder druk is. Natuurrampe, klimaatsverandering, werkloosheid, resessie, arbeidskonflik en grondonteiening sonder vergoeding, asook ’n swak ekonomie, is uitdagings wat die land op ‘n groot skaal ervaar het selfs voordat COVID-19 ’n realiteit geword het.

Kyk hier na die Agri SA Surplus voedselhulpveldtog-video:

Hongersnood neem toe

Op 15 Maart 2020, het President Cyril Ramaphosa die COVID-19-pandemie as ’n nasionale rampstaat ingevolge die Rampbestuurswet verklaar en het beweer dat Suid-Afrika die nodige “kennis, middele en hulpbronne het om die virus te beveg.” Die streng inperkingsregulasies het egter ’n verwoestende effek op vele huishoudings, met ’n nadelige impak op voedselsekerheid vir miljoene mense in die land.

Statistieke SA het soos volg bevind: “Sedert die begin van die nasionale inperking het die verhouding respondente wat aangedui het dat hulle hongersnood ervaar van 4,3% tot 7% toegeneem.” Dit is gegrond op ’n opname wat gedoen is oor die impak van COVID-19 op werksgeleenthede en inkomste in Suid-Afrika soos op 20 Mei 2020.

Volgens dié opname, het die Noord-Kaap, Noordwes en Mpumalanga die hoogste persentasie huishoudings wat ernstige voedseltekorte ervaar, naamlik 12,9%, 12,5% en 11,4% onderskeidelik. Die Oos-Kaap is aangewys as die provinsie wat die ergste voedselonsekerheid ervaar, met ongeveer 70% van huishoudings wat minder as R1 000 per maand aan voedsel bestee, terwyl slegs 7,6% van huishoudings in die meer welgestelde provinsies soos Gauteng ongeveer R3 500 per maand het om aan voedsel te bestee.

In Suid-Afrika as geheel is daar steeds 13 738 824 mense (24,9% van die bevolking) wat nie toegang tot voldoende voedsel het nie. Ons moet die volle omvang van voedselsekerheid en voedselvoorsiening gedurende die hierdie krisis aanspreek.

Produsente en publieke sektor kan help

Agri SA daag alle boere, individue en maatskappye uit om by te dra tot hierdie inisiatief in ’n gesamentlike poging om voedselsekerheid vir menige huishoudings in Suid-Afrika te verseker.

Daar is verskillende maniere om by te dra tot die voedselhulpinisiatief van R1 miljard. Ons verwelkom alle borgskappe, donasies, kontant, geskenkbewyse, voedselhulp in enige vorm en ’n bydrae tot die vervoerkoste om voedselhulp aan behoeftiges te verleen. Verskeie

landbou-ondernemings begin ook met hul eie inisiatiewe; hierdie pogings kan ook geïntegreer word in die voedselhulpinisiatief van R1 miljard.

Deur die R1-miljard voedselinisiatief gaan honger gesinne van voedsel voorsien word en daardeur word die menswaardigheid van diegene in nood bevorder. Deur bewustheid te kweek deur middel van innoverende kommunikasie en optrede, hoop ons om toenemende voedselnood te verlig.

Weens die inperkingsregulasies en ander ekonomiese redes word die korttermyn impak van COVID-19 onmiddellik en geredelik deur almal ervaar. Hierdie nasionale ramp noodsaak samewerking, samespanning en gesamentlike optrede, en ons kan alreeds verwag dat dit ’n diep ekonomiese, maatskaplike en kulturele impak in die lang termyn sal hê.

Ons vra u om dit moontlik vir ons te maak om te help waar en wanneer ons kan deur middel van die R1-miljard voedselinisiatief. – Persverklaring, Agri SA