RSG Landbou skop Woensdag 19 Desember se program af met ‘n gesprek oor werkloosheid. Die nasionale werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal van die jaar met 30 basispunte toegeneem. Die uitgebreide werkloosheidsyfer staan tans op 37,3%. Die situasie is nóg erger in landelike gebiede. Jahni de Villiers van Agri SA gesels oor hierdie probleem en wat rolspelers te doen staan. Daarna is daar ‘n gesprek oor werksure. Die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes vereis dat werkgewers hul werknemers se werksure aanteken. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie vertel hoekom dit noodsaaklik is en hoe die aanteken van werksure, die doeltreffendheid van ‘n onderneming kan bevorder. Ben Liebenberg, ‘n Suid-Afrikaanse saalmaker, gesels ook oor sy vaardigheid en sy werk in Mongolië. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Hinterland.