Agri SA het op 18 April 500 pakke groente en vrugte ontvang as deel van die Agri SA Surplus Voedselhulp Veldtog. Dit sal aan die Mamre Sopkombuis oorhandig word, wat kos aan Darling, Mamre en Atlantis in die Wes-Kaap verskaf.

Agri SA doen ’n beroep op die landbousektor om surplus voedsel aan arm gemeenskappe te skenk en vra ook dat die regering, in samewerking met landboubesighede en die kleinhandelaars,  ’n nasionale COVID-19 nie-bederfbare voedselhulpskema van stapel sal stuur. Dit kan gedoen word deur saam met die landbousektor te werk en die struikelblokke te takel wat voedselsekuriteit en die landbou-ekonomie tans aan bande lê. – Persverklaring, Agri SA