In Donderdag 22 November 2018 se Grootplaas kom maak Coopers Animal Health asook Agri SA ‘n draai by ons in die ateljee.

Coopers Animal Health is al vir dekades een van die markleiers in dieregesondheidsprodukte. Wessel Prinsloo vertel ons watter produkte hulle kan bied om boere met parasietbeheer by te staan. Daarna kom die kwessie van grondonteiening weer onder die soeklig, wanneer Omri van Zyl van Agri SA met ons oor die nuutste verwikkelings gesels. Ons hoor ook wat die volgende stappe in die proses is.

Inhoudsborg: MSD

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kalenderborg: Swavet

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas