Agri Western Cape
Villiers Loubser.

Agri Wes-Kaap se 2020-jaarkongres is op 15 Oktober aanlyn aangebied. Villiers Loubser, ’n graanprodusent van Durbanville, is tydens die kongres as nuwe president verkies. Hy volg Cornie Swart op, wat sedert 2011 as president gedien het. Hy volg ook in die voetspore van sy pa en oupa, wat albei as presidente gedien het.

Read it in English

Heinie du Toit.

Heinie du Toit is as nuwe visepresident verkies. Hy is ’n vrugteprodusent van Ceres in die Koue Bokkeveld en het sedert 2015 as Agri Wes-Kaap se bestuurslid vir die Witzenberg-streek gedien. Hy volg Hugo de Waal op.

Liam Viljoen, ’n graan- en wynprodusent van Malmesbury, en Laubscher Coetzee, volstruisprodusent van Oudtshoorn, is onderskeidelik tot voorsitter en ondervoorsitter van Agri Wes-Kaap se Algemene Sakekamer verkies.

Uittredende president Cornie Swart het gesê hy is opgewonde om die leisels aan ’n relatiewe jong span oor te gee. “Julle neem ’n sterk en vooruitstrewende organisasie oor en ek is trots en gerus oor die hande wat nou die leisels gaan vashou. Ek weet julle verstaan die hart van die landbou en ek wens julle alle voorspoed toe.” – Persverklaring, Agri Wes-Kaap