Dis amper weer tyd vir die jaarlikse Agricol Groendag, waar landbouprodusente hulle kan verkyk aan dié maatskappy se gewasaanbod.

Topgehalte gewasse op die spyskaart

Vanjaar se Groendag skop op 23 April om 08:30 af net buite Potchefstroom. Dié dag beloof ‘n wêreldklas aanbieding van Agricol se somer- en winterweidingsreekse, dekgewasmengsels, akkerbougewasreekse, en vele meer. Besoekers kan al hierdie reekse eerstehands besigtig terwyl kenners uit die Agricol-stal meer inligting sal gee oor elke gewas se kenmerke, variëteite en aanplantvereistes.

Moenie die gras onder jou voete laat groei nie! Maak seker jy is vanjaar teenwoordig by hierdie prima-geleentheid op die landboukalender.

Sien jou daar!

RSVP voor of op 20 April by epos groendag@agricol.co.za of skakel 083 977 0536. Sien ook die advertensie hieronder vir meer inligting en aanwysings.

Moet dit nié misloop nie. Trots geborg deur Plaas Media.