In RSG Landbou op Kersdag is daar ‘n besonderse opname van Mariska Jaars. Sy was die wenner in vanjaar se unieke Agri’s Got Talent-kompetisie vir plaaswerkers in die Wes-Kaap.  Sy sing die bekende Kerslied, Stille Nag, en daarna gesels Lise Roberts met haar.  Japie Grobler van die Agri Securitas Trustfonds vertel meer oor die welslae wat dié fonds bereik het die afgelope jaar. Om mee af te sluit is Albert Loubser, die redakteur van Veeplaas, aan die woord en lewer ‘n Kersboodskap aan veeprodusente. Luister nou na dié onderhoude.