Terwyl baie mense gedurende die Kersseisoen weggaan vir die vakansie, is daar talle landbouprodusente wat onverpoosd voortgaan met hulle werk om kos te produseer. Daarom is AgriSeker ook op sy pos – want probleme ken nie vakansie nie! Reinhard Kuschke, besturende direkteur van AgriSeker, vertel waarvoor hulle gedurende die feesseisoen gereed staan.

Dan bied dr Johan Malherbe, ‘n landbouweerkundige van die Landbounavorsingsraad (LNR), ‘n oorsig oor die weer gedurende hierdie tyd. Hy fokus veral op hoe dit ons landbouers affekteer en hoe dinge van seisoen tot seisoen kan verskil.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur AgriSeker. Besoek hul webwerf hier.