Oeste kan binne sekondes deur ‘n haelstorm vernietig word – ure se arbeid en derduisende rande se insetkoste daarmee heen. Dekking teen haelskade is daarom ‘n moet, meen kenners. So lank as wat daar ‘n plant is, is haelskade moontlik. In hierdie potgooi gesels Lise Roberts met Tiaan Janse van Rensburg en Johan Olivier van AgriSeker oor die stand van sake wat haelskade in die verskillende provinsies betref. Oesversekering is hulle spesialiteit en hulle vertel ook hoe AgriSeker sy kliënte teen reuseverliese beskerm.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur AgriSeker. Besoek hul webwerf hier.