Boerdery word geken aan die risiko’s daaraan verbonde. Daarom is toeganklikheid, openhartige kommunikasie en eksieperfeksie dienslewering ingeweef in hoe die AgriSeker-familie dinge doen. AgriSeker is ʼn gespesialiseerde onderskrywer in die oesversekeringsmark. Hulle het ʼn wye diensleweringsnetwerk en is toegerus om boere dwarsoor Suid-Afrika te bereik. Feitlik alle gewasse wat kommersieel verbou word in Suid-Afrika, word verseker. Reinhard Kuschke gesels oor landbou se vooruitsigte vir die komende oesseisoen in Suid-Afrika.   

Die volhoubaarheid van vrugte– en neuteversekering in Suid-Afrika is baie moontlik met goeie onderskrywing, tegniese kennis en sterk administrasie. Risikobestuur vir die vrugtebedryf is van uiterste belang. Hoor wat het Callie van der Westhuizen te sê oor die blootstelling van AgriSeker in die vrugte- en neutebedryf. Hy vertel ook wat hulle die vrugteprodusent in die vorm van versekering bied.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur AgriSeker. Besoek hul webwerf hier.