Sowat 6 000 boere en ander belangstellendes het van 18 tot 20 September by die Afridome in Parys gekuier vir ALFA 2018, wat vanjaar die derde keer aangebied is. ’n Vee-fees bly steeds die beste wyse waarop dié vee-ekspo beskryf kan word.

Vanjaar se ALFA-program het ’n platform geskep vir die deel van kennis en die meet van prestasies, met enigiets van lesings vir nuwe en bestaande konynboere tot ’n verskeidenheid slagvee-kompetisies, demonstrasies van ’n skaapskool-werkswinkel oor intensiewe skaapproduksie en verskeie toekennings aan die room van die veebedryf. Boere kon verder na uitstallings van die nuutste tegnologie in die veebedryf kyk en meer uitvind oor ander hulpmiddels vir die veeplaas, soos werkshonde en -perde.

Van die groot hoogtepunte sluit in die aankondiging van die wenners in die Hinterland Nasionale Interrasvleisbeeskampioenskap, Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, Toyota SA Nasionale Afslaerskompetisie, GWK Nasionale Suiwelinterraskampioenskap en Zoetis intensiewe skaapboer van die jaar-kompetisie. Lees meer oor #ALFA2018.

Almal kan reeds uitsien na ALFA 2019, wat van 17 tot 19 September 2019 by die Afridome in Parys gehou gaan word. Vir meer inligting, besoek www.alfaexpo.com.

Lees nog oor #ALFA2018:

Hinterland Nasionale Interraswenners skitter @ ALFA 2018

Toyota SA jong afslaerskampioene aangewys @ ALFA 2018

SA Stamboek neem ALFA op horings

SA Stamboek bekom die gebruik van ’n nuwe skandeermasjien by Alfa 2018

Two in a row for Angus meat

Eerste Zoetis Intensiewe Skaapboer aangewys

Suid-Afrika kroon sy vyfde kuilvoerkoning