Albert Loubser is 10 September 2019 in die Grootplaas-ateljee om te uit te brei oor hoe die reëlings vir volgende week se ALFA vorder.

Die somer is huiwerig om sy kop uit te steek, maar ons kan verseker wees dat peste en parasiete reeds slaggereed staan vir die warmer maande. Afrivet het gelukkig ‘n hele rits oplossings om boere met die bestryding van veral vlieë en haarwurm by te staan. Dr Hanré Bredenkamp gesels meer hieroor.

Daarna kuier Luan van der Walt van Graan SA ook in die Grootplaas-ateljee om oor die opkomende somergraanseisoen te gesels.

Inhoudsborg: Afrivet

Kalenderborg: BASF

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas