Vanjaar se Africa Livestock Trade Fair (ALFA) vind vanaf 17 tot 19 September by die Afridome-skougronde in Parys plaas. ALFA vier vanjaar sy vierde bestaansjaar en sal weereens talle verskaffers, kopers en veeprodusente die geleentheid gee om doeltreffende veeproduksie in aksie te sien.

ALFA is gebaseer op vier pilare wat deur ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite soos netwerkgeleenthede, kompetisies, prysuitdelings en werkswinkels ondersteun word.

Veekompetisies by ALFA

Moenie die opwindende veekompetisies by ALFA misloop nie. Hier is ‘n voorsmakie:

  • Hinterland Nasionale Interrasvleisbeeskampioenskap
  • Nutri Feeds Nasionale Versprestasiekampioenskap
  • BKB Ramprestasiekampioenskap
  • Cape Gate Mega-oskampioenskap
  • Barnlab ‘Best of the Best’-uitstalling
  • GWK Hoëveld Suiwelinterraskampioenskap
  • Zoetis Junior Interraskampioenskap
  • RPO Interrasslagos- en karkaskampioenskap
  • TAU Voere Hoëveld Slaglamkampioenskap
  • Sernick Junior Slagoskompetisie
  • SAFA People’s Choice Beef Challenge

Die wenners van hierdie en verskeie ander kompetisies wat onder die ALFA- en Plaas Media-vaandels aangebied word, sal tydens die ALFA-galadinee op 19 September aangekondig word.

‘n Skitterende program

Belangstellendes sal geleentheid kry om hulself toe te rus met nuwe kennis oor die veebedryf tydens die talle werkswinkels, demonstrasies en ekspo’s wat by ALFA aangebied word. Hier is maar ‘n paar van die aktiwiteite wat by ALFA aangebied word. Sien die program vir ‘n volledige prentjie:

  • Werksperddemonstrasie en Supreme werkshonddemonstrasie
  • Junior konynwerkswinkel
  • Kroon Stud wildswerkswinkel
  • Agsci Unlimited-kuilvoermaak- en bestuurskursus
  • Kleinveerasse-ekspo
  • Barnlab-skaapvoerkraalwerkswinkel
  • Hoefsnydemonstrasie
  • Envarto pluimveewerkswinkel
  • Melkbok-inligtingsessie
  • Nutri Feeds-bespreking van LRF-vleisbeesrasse
  • Veeplaas-skolevasvra
  • Future Farmers-werkswinkel
  • SA Stamboek telingsimposium en Elite-funksies

ALFA-veilings

Topgehalte produksiediere sal ook tydens ‘n aantal veilings aangebied word:

  • ALFA-varkkarkasveiling
  • Wildswinkel multiras aanlyn aanteelveiling
  • MCC-miniatuurperdveiling
  • Chianina-veiling
  • Cape Gate Mega-osveiling
  • SAVM-jongramveiling – ALFA

Vir meer inligting oor ALFA 2019, skakel Albert Loubser by 082 562 2188 of stuur ’n e-pos aan albert@plaasmedia.co.za of imele@plaasmedia.co.za.