In 2020 trek ALFA ‘n nuwe baadjie aan wanneer ‘n besonderse ekspo saam met Graan SA aangebied sal word. Donderdag se RSG Landbou skop af met dié opwindende nuus. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Chriche du Plessis van MSD Animal Health gesels in RSG Landbou meer oor die veesiekte, beesbrusellose. Sy verduidelik watter gevaar dit ook vir die mens inhou. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou se medewerker in KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat, Izak Hofmeyr, het onlangs ‘n Argentynse geenbewerkingsdag op die plaas van Hendrik Odendaal bygewoon. Hy gesels met van die rolspelers daar. Luister nou na dié onderhoud.

Dan is die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie-wenners verlede week tydens ALFA aangewys. RSG Landbou gesels met die mieliekuilvoer- en algehele wenner, Hano Lombard van Westend Landgoed, asook met Jarren Hurwitz wat in die voersorghumkategorie geseëvier het. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur MSD Animal Health.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.