In Woensdag se aflewering van RSG Landbou kan u meer uitvind oor arbeidstendense en meganisering in die landbou. Dr WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat vertel meer hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Wagyu-bees van Japan het reeds sy intrede in Suid-Afrika gemaak en groei tans met rasse skrede. Frans Stapelberg vertel meer oor dié unieke ras asook hulle komende veiling. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daar is ook ‘n bydrae oor die koolstofvoetspoor van appels en pere in die landbouwaardeketting. Lise Roberts gesels met Lorren de Kock van die Wêreld Natuurfonds hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Linde du Plessis is ‘n Brahmanboer wat sy kudde met ‘n fyn oog dophou en ‘n spesifieke benadering tot kuddebou het. Hy gesels oor hierdie benadering van hom. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.