Ter voorbereiding van die nasionale rondte van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie, wat in September vanjaar by ALFA 2018 plaasvind, is ’n sentrale streeksrondte by die pas afgelope Bloemskou gehou.

Die kompetisie het ’n spesiale band met die Bloemskou, aangesien dit ook is waar die eerste nasionale rondte in 2013 aangebied is. Namate die kompetisie ontwikkel het, is die rondte by die Bloemskou na ’n streeksrondte verander.

Deelnemers het sake uitgespook om vir die nasionale rondte te kwalifiseer, en is deur Mario Kruger en Eppie Nel beoordeel. Volgens Kruger is daar baie jong talent in die afslaersbedryf, iets wat hom baie opgewonde maak.

Barco van Niekerk het op die dag die beste gevaar en is as wenner van die sentrale streeksrondte in die jong afdeling aangewys. Pedri Janse van Rensburg was die wenner in die junior afdeling.

Deelnemers word in jong (19-30) en junior (skoolgaande) kategorieë beoordeel volgens hul vertoning op die rostrum, veekennis en bedryfskennis. – WA Lombard, Veeplaas

Klik hier vir inligting oor die volgende streeksrondtes.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here