Die meerderheid wildspesies word op privaat wildreservate, wildsplase of gemengde boerderye aangehou. Hoewel hierdie wild vrylopend is, is een van die grootste uitdagings om ’n gebalanseerde ekologie binne ’n klein gebied, waar die uitwerking van weersomstandighede, beweiding en menslike bedrywighede meer prominent as in ’n wildernisgebied is, te handhaaf.

Lees meer oor mineraaltekorte by wild.

Hoewel spesies verskil, bly die basiese beginsels van herbivoorvoeding dieselfde. Voordat proteïene, energie of minerale aangevul word, moet voldoende ruvoer altyd met byvoeding in die vorm van lekke en/of volledige voere beskikbaar wees.

Herbivoorwild kan in twee breë groepe verdeel word, naamlik herkouerwild, bv. springbokke, blesbokke en elande, en agterdermfermenteerders, bv. renosters, seekoeie en sebras. Laasgenoemde benut vesel as ’n primêre voedingsbron, maar vertering vind in die dikderm plaas en kan daarom geen nieproteïenstikstof (NPN)-bronne soos ureum benut nie.

Nutri Feeds byvoeding vir horinggroei

Nutri Wild Produksie (V 28071) is ’n volledige produksiekorrel vir herbivoorwild, met gehalte proteïen, vesel, minerale en spoorminerale. Nuwe navorsing toon dat bygevoegde biotien keratinisasie bevorder en horinggroei dus verbeter. Geen voedingstof kan op sy eie die horinggroei bevorder nie en moet in ’n gebalanseerde vorm aan diere verskaf word ten einde groei, volwassenheid, reproduksievermoë en gesondheid te verseker.

Die daaglikse inname behoort nie minder as 2,5% van die betrokke spesie se lewende liggaamsmassa te wees nie en kan ook ad lib, tesame met voldoende beskikbare blaarvoeding, weiding of ruvoer, aan weidende wild voorsien word.

Nutri Feeds byvoeding vir onderhoud

Nutri Wild Onderhoud (V 28072) is ’n volledige onderhoudskorrel vir herbivoorwild, met gehalte proteïen, vesel, minerale en biotien vir onderhoud. Weens die laer voedingswaarde is dit ’n ideale aanvulling vir wild in aanhouding (bv. veilingboma’s) en word ook met sukses tydens droogtes aangewend om massa- en kondisieverlies te beperk.

Vir onderhoud behoort die daaglikse inname nie minder as 1,5% van die betrokke spesie se lewende liggaamsmassa te wees nie, tesame met voldoende ruvoer, blaarvoeding of weiding.

 Tabel 1: Samestelling van Nutri Wild Produksie en Nutri Wild Onderhoudkorrels.

Nutri Feeds voeding vir langtermynproduksie

Nutri Tub Wild (V 19694) is ’n proteïen-, mineraal- en spoormineraalaanvulling vir langtermynproduksie van alle wildspesies. Die samestelling ondersteun gesondheid en bevorder die groei en ontwikkeling van jong diere, asook reproduksie. Hierdie produk is ‘n lek, daarom moet genoegsame weiding of blaarvoeding ten alle tye beskikbaar wees. Die aanbevole inname is 950 tot 1 500g/dier/dag vir groot wildspesies en 180 tot 350g/dier/dag vir kleiner wildspesies.

Ekonomiese opsie

Nutri Lek Wild 18 (V 28326) is ’n ekonomiese proteïen-, mineraal- en spoormineraalaanvulling met bygevoegde biotien vir herkouerwild. Hierdie produk is ‘n lek, daarom moet genoegsame weiding of blaarvoeding ten alle tye beskikbaar wees. Die aanbevole inname is 500 tot 1 600g/dier/dag vir groot wildspesies en 190 tot 680g/dier/dag vir kleiner wildspesies.

 Tabel 2: Samestelling van Nutri Tub Wild en Nutri Lek Wild 18.

Kontak jou naaste tegniese adviseur om meer oor Nutri Feeds se wildvoedingsprodukte uit te vind. – Melville Price, tegniese bestuurder: herkouers, Nutri Feeds

Vir meer inligting of bronverwysings, kontak
Melville Price by 082 766 1044 of mprice@countrybird.co.za.