Vir boere is daar nie iets soos ‘werk van die huis af’ nie. Selfs in moeilike tye bly die landboubedryf hard aan die werk om voedsel vir die land se inwoners te waarborg. Dit geld vir alle landbouprodusente, veeartse, voedselkundiges en landboumaatskappye wat ‘n rol speel in die voedselwaardeketting. Kyk hier na Bayer se belangrike boodskap aan alle verbruikers in Suid-Afrika.