Om te voldoen aan die versoek van tientalle Bonsmara-boere wat ook wil deelneem aan die nasionale Bonsmara-veiling, word die eerste Nasionale Bonsmaradag op die internet-veilingsplatform www.beeswinkel.co.za uitgestel tot 30 Mei.  

Die invloed van die droogte het in baie streke tot gevolg gehad dat koeie later as gewoonlik gekalf het en dat baie boere se kalwers nog nie gereed is om te bemark nie.  

“Deur die veiling uit te stel tot 30 Mei maak ekonomies meer sin vir die boere en die bedryf in die algemeen,” sê Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel. 

Louis Steyl van Bonsmara SA sê dat die Nasionale Bonsmaradag-veiling ’n uitstekende bemarkingsgeleentheid skep waar veral kommersiële boere, wat belê het in Bonsmara-bulle, met hul kalwers kan spog en hul terselfdertyd aan die hele land se kopers gelyk kan aanbied.

Kommersiële boere wat graag wil deelneem aan die nasionale veiling word genooi om Bonsmara SA se stalletjie op 14 tot 17 Mei by Nampo te besoek vir meer inligting. 

“Bonsmara-telers kan nou reeds op die Beeswinkel-platform registreer om hul aanbod betyds te kan laai,” sê Van Heerden.   

Beeswinkel hou jou op hoogte van die nuutste gebeure en inligting. Besoek gerus www.beeswinkel.co.za en hul sosiale media: Facebook (@beeswinkel), Twitter (@beeswinkel1), en Instagram (@beeswinkel). Kontak Petrus van Heerden by 083 231 0528, Dennis Staal by 082 828 1082 of Melanie Duminy Boshoff by 071 491 9000. – Beeswinkel persverklaring 

Lees die oorspronklike aankondiging hier.