Senwes het ’n uitdaging aan alle Suid-Afrikaanse maatskappye en die publiek gerig om die oproep te beantwoord om produsente by te staan wat ly as gevolg van die huidige droogtetoestande, asook ’n daling in die rooivleisprys. Dit volg na die bekendstelling van die Braai vir die Boere-veldtog deur leiers in die rooivleisbedryf.

Klik hier om meer oor die veldtog te lees.

“Senwes se personeel gaan Vrydag, 1 Februarie 2019, om 15:00 by ons hoofkantoor en takke braai. Die personeel het besluit om die vleis met hulle eie geld aan te koop,” sê Francois Strydom, hoof uitvoerende beampte van Senwes.

“Ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaanse maatskappye om hulle personeel aan te moedig om dieselfde te doen ter ondersteuning van ons produsente. Ongeag of jy in die landbou is, die waarheid is dat elke Suid-Afrikaner deel van die landbouwaardeketting is omdat die voedsel wat ons elke dag verbruik van plase afkomstig is. Dit gaan hier oor voedselsekerheid. So sluit by ons aan en plaas die foto’s van jou maatskappy se deelname op sosiale media onder die hutsmerke #braaivirdieboere en #braai4farmers.” – Persverklaring

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here