Gronderosie is ‘n werklikheid en indien daar nie vinnig opgetree word nie, sal die vrugbaarheid van grond net aanhou afneem, wat globale voedselsekerheid in gedrang plaas. Wêreld-gronddag is een van die inisiatiewe wat op bewusmaking hiervan fokus. Dr Garry Paterson van die Landbounavorsingsraad vertel in Grootplaas van 6 Desember 2019 meer hieroor.

Daarna kuier Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging ook in die ateljee om oor die onlangse verbod op enige byeenkoms van gesplete-hoef diere in Suid-Afrika te gesels.

Nuusborg: Swavet

Weerborg: Laeveld Agrochem

Markteborg: TAL-TEC

Kalenderborg: Bayer

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas