Die Nasionale Luserntrust (NLT) is die verteenwoordigende liggaam vir die lusernsaad- en hooibedrywe. ’n Belangrike deel van die trust se bedrywighede is die aanbied van lusernhooi-graderingskursusse en verskeie belangrike vergaderings. Die trust het pas dié belangrike datums vir die res van 2018 bekendgestel.

Datum Geleentheid Plek
30 Julie 2018 Lusernhooi-graderingskursus Rietpoel, Wes-Kaap
31 Julie 2018 Lusernhooi-graderingskursus Oudtshoorn, Wes-Kaap
2 Augustus 2018 Lusernhooi-graderingskursus Oubosrand/Eersterivier, Oos-Kaap
14 Augustus 2018 Lusernhooi-graderingskursus Modderrivier, Noord-Kaap
14-17 Augustus 2018 Validering van NLT-geakkrediteerde NIR-instrumente Modderrivier, Noord-Kaap
27 September 2018 Lusernhooi-terugrapporteringsvergadering Bloemfontein, Vrystaat

 

Vir meer inligting kontak NLT by 044 272 8991 of stuur ’n epos na info@lusern.org – Persverklaring