Die gevreesde belastingseisoen is met ons en in Donderdag se uitsending van RSG Landbou, gee rekenmeester Frans van Eden van Prioritise raad oor individuele belasting. Jan-Frederik van Schalkwyk, ‘n boer van die Williston-omgewing, gesels met Koos du Pisanie oor die droogte en hoe hy en sy twee seuns dit bestuur.

Die 2019 PMA Fresh Connections-konferensie vind in Julie vanjaar in Kaapstad plaas. Lindie Stroebel vertel wat by hierdie belangrike geleentheid op die landboukalender gaan gebeur. Chris Derksen praat ook oudergewoonte oor die week se vleispryse. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.