Op die eerste veiling van die somer-verkoopseisoen het ’n beperkte aanbod tesame met ’n baie goeie vraag na bokhaar, pryse opwaarts gedwing ten spyte van ’n sterker rand. Sterk kompetisie het tussen kopershuise geheers.

Read it in English. 

Die gemiddelde markaanwyser het 5,6% hoër gesluit op R247,03/kg vergeleke met die laaste veiling van die winter-verkoopseisoen. Fyn grootbokhaar was 2,3% duurder op R254,19/kg en sterk grootbokhaar het 4,7% duurder verhandel teen R245,29/kg. Jongbokhaar- en kleinbokkiehaarpryse word nie kwoteer nie as gevolg van die baie klein hoeveelheid wat aangebied is.

Die tweede veiling van die 2018 somer-verkoopseisoen sal op 6 Maart 2018 plaasvind. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here