Verskeie Hinterland Braaikuiken-inligtingsdae kan van 21 Mei tot 6 Junie bygewoon word. Die inligtingsdae sal daagliks om 09:00 afskop en belowe om bestaande en voornemende pluimveeboere toe te rus met onskatbare inligting en braaikuiken-kennis.

Klem sal gelê word op braaikuikenvoeding en -bestuur, gesondheid en korrekte gebruik van medisyne. Daar sal verskaffersbesprekings wees oor medisyne en ontsmettingsmiddels, met vraag-en-antwoord-sessies wat onsekerhede uit die weg sal ruim. Daar is ook uitstalbesoeke en kliënte-interaksies op die spyskaart.

Sien die program hieronder vir meer inligting. En maak seker jy is daar want daar is ook talle spesiale aanbieding en promosies wat geld.

Vir meer inligting besoek www.hinterland.co.za.