Daar is talle faktore wat ‘n rol speel by suksesvolle besproeiing en die keuse van ‘n toepaslike besproeiingstelsel. Water speel waarskynlik die heel belangrikste rol. En nie net die hoeveelheid water nie, maar ook die gehalte van die water. Isobel van der Stoep van Cherry Irrigation, brei nou uit oor hierdie faktore.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.