Rolspelers in die besproeiingsbedryf het onlangs vir die jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut bymekaargekom. In Woensdag se RSG Landbou gee die bemarkingsbestuurder by Netafim Suid-Afrika, Willem Botha, terugvoer oor die sake wat daar bespreek is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die voordele van die telings- en tegnologieheffing op sojabone is reeds sigbaar en Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA, gesels hieroor. Luister hier na die onderhoud.

Daarna vertel dr Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat wat alles gaan gebeur op 8 Oktober, wanneer die Landbou-ekonomievereniging van Suid-Afrika se bedryfsdag plaasvind. Luister na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met die jongste wolmarkverslag waarna u hier kan luister.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.