Besproeiingskedulering is bobaas

809

Selfs die beste besproeiingstelsel is nutteloos sonder korrekte besproeiingskedulering. Om seker te maak dat daar genoeg water is vir die gewas en om optimale groeitoestande vir die gewas te skep, moet boere weet wanneer om te besproei, hoeveel water om neer te sit en wanneer om nie te besproei nie. 

Tasha van Niekerk van Cherry Irrigation gesels in detail hieroor.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Cherry Irrigation. Besoek hul webwerf hier. Luister na ‘n vorige Cherry Irrigation-potgooi hier.