Wat is dit wat van iemand ‘n topboer maak? Die volgende kriteria word gebruik om die nominasies vir die Nasionale Beesboer van die Jaar en Nasionale Skaapboer van die Jaar te beoordeel:

  • Benutting van hulpbronne
  • Voervloeibeplanning
  • Weidingbestuur
  • Teel- en seleksiestandaarde
  • Rekordhouding
  • Normering
  • Bemarking en waardetoevoeging
  • Kuddeproduksie
  • Fisiese voorkoms van die diere
  • Infrastruktuur
  • Arbeidsbestuur
  • Deelname aan georganiseerde landbou

As jy ‘n topboer ken wat sy of haar veevertakking bestuur op ‘n wyse wat hulle van die res van die pak skei, dan is nóu die tyd om jou nominasie in te dien.

Ons is op soek na bees- en skaapboere wat kop en skouers bo die res uitstaan wat hulle bestuurspraktyke betref – van voeding en gesondheid regdeur tot rekordhouding en veldbestuur. Skryf nou ‘n topboer in en maak seker hulle word geskaar by Suid-Afrika se mees gerespekteerde veeboere.

Nominasievorms hier beskikbaar:

Inskrywings sluit 30 Augustus 2019. Stuur jou voltooide nominasievorm aan: Shelley.Cornish@tongaat.com. Volledige inligting op die nominasievorms beskikbaar.