Die gebruik van medisinale plante is al lank reeds deel van mense se kultuur en dis dan ook hier by ons die geval.  Lise Roberts praat in Woensdag se RSG Landbou program met dr Salmina Mokgehle oor die werk wat die Landbounavorsingsraad doen om medisinale plante beter te benut. Luister nou dié lekker onderhoud.

Rudi van der Westhuizen van Samic, oftewel die South African Meat Industry Company, praat op sy beurt oor Samic se jaarlikse karkasbeoordeling en -prysuitdeling wat binnekort op Vryburg plaasvind. Luister nou dié lekker onderhoud.

Ons sluit die program af met ‘n interessante gesprek met dr Zelda Bijzet oor die ontwikkeling van ‘n pitlose suurlemoen hier in Suid-Afrika. Luister nou dié lekker onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.