Die ontwerp en installasie van spilpuntbesproeiingstelsels verg heelwat kundigheid. In Maandag se program van RSG Landbou gesels Lise Roberts met Gerrie Wiese van Obaro oor besproeiingsontwerp. Luister nou na dié onderhoud.

Geenbewerking is deesdae ’n steutelkonsep vir volhoubare landboupraktyke en in September vind ‘n Argentynse boeredag hier in Suid-Afrika plaas, juis om dié konsep verder te bevorder. Carlos Galarza van die Argentynse navorsingsagentskap, INTA, verduidelik wat daar te siene gaan wees. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna volg ‘n gesprek met Roelien Marx van die Landbounavorsingsraad oor die bekendstelling van ‘n blommende potplantproduk, die Lachenalia. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Hennie Maas deel die jongste veilingsnuus en daarna brei Henk Harmse van Nosa Bonsmara uit oor hulle opkomende veiling. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Wintershoekwild

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.