Kyk weer 15 Oktober 2018 se aflewering van Grootplaas wanneer ons diesel, vee-identifikasie en vleisbeesskool-sake gesels.

Met die brandstofprys wat die hoogte inskiet, gesels ons met Anelisa Matutu oor die Johannesburgse aandelebeurs se dieselkontrakte en wat dit vir die bedryf kan beteken. Daarna kuier dr Michael Bradfield van Breedplan weer in die ateljee. Hy gesels met ons oor ‘n vee-identifikasie-, rekordhoudings- en naspeurbaarheidstelsel, en Kobus Bester van die Lewendehawe Registrerende Federasie vertel ons daarna meer oor die Aldam vleisbeesskool.

Inhoudsborg: JSE

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas