In RSG Landbou van Maandag word daar gepraat oor ‘n boeredag, veilingsnuus en hoefversorging.

Lise Roberts is eerste aan die woord en sy gesels met ’n bewaringsboer, Hendrik Odendaal, oor ‘n boeredag wat saam met ’n Argentynse navorsingsinstansie op die plaas Holmdene naby Standerton gehou gaan word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna vra Hennie Maas vir Riaan van Zyl van DairySmid uit oor die werk van ‘n hoeftrimmer en hy verduidelik meer oor waarom hoefversorging by vee belangrik is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Janse Rabie van Agri SA is dan aan die woord en hy brei uit oor ‘n onlangse hofbeslissing wat skaliegasbreking in Suid-Afrika sal beïnvloed. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Hennie Maas bring ons op hoogte met die nuutste veilings. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.