Daar is al heelwat in RSG Landbou gepraat oor sogenaamde bewaringslandbou. In Maandag se aflewering van RSG Landbou skop ons die program af met dié onderwerp. Luisteraars kan meer uitvind oor wat die verskil tussen konvensionele en bewaringslandbou is. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is daar ‘n bydrae van Josef van Wyngaard oor Voermol se skaap- en beesboer van die jaar-kompetisie. Luister nou na dié onderhoud.

Vanjaar se Alfa vee-ekspo is letterlik om die draai. Mede-organiseerder, Albert Loubser, van Plaas Media gesels oor hoe sake staan met dié moet-geleentheid op die landbou-veekalender wat in September plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Pieter de Kock van die Afrikanerbeestelersgenootskap gesels oor hulle komende nasionale veiling. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas sluit die program af met die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

 RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.