Met groot dele van die land wat vir planttyd voorberei, fokus ons weer op die behoud van grondstatus en bewaringspraktyke, sodat daar oor ‘n honderd jaar steeds geplant en geproduseer kan word. In 24 September 2019 se aflewering van Grootplaas word gekyk na ‘n insetsel van Graan SA oor bewaringsboerdery. Dan gesels Manuel Ferrari van die Argentynse Instituut vir Landbounavorsing (INTA) oor die minimumbewerkingspraktyke wat in Argentinië beoefen word.

Daarna volg daar nog ‘n lekker insetsel oor die afgelope Absa top tien Pinotage-toekennings.

Kalenderborg: BASF

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas